SME’s kan groot voordeel trek uit die gratis opleiding

Daar is ‘n gulde geleentheid vir klein en medium sakeondernemings. Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid bied finansiële opleiding vir die sektor op 4 April aan en dit is gratis. Dit sal veral kleinsake ‘n reuse-hupstoot gee. Danny Meyer van SME Compete sê almal wat dit moontlik kan bywoon, behoort dit te doen.