SMEs Compete loods nuwe program vir landelike besighede

Net na energieminister Tom Alweendo melding gemaak het van die armoede in landelike gebiede en hulle vermoëns om krag te betaal, is daar ’n besigheidsondersteuningsprogram vir entrepreneurs in Otjimbingwe afgeskop het. Die eerste fase was ‘n opname-oefening, met die doel om diegene te identifiseer wat reeds ondernemings in Otjimbingwe bedryf. Ongeag die grootte van die onderneming, die sektor waarin dit bedrywig is, en of die onderneming formeel of informeel is, was die doel om die welvaart- en werkskeppers in Otjimbingwe te identifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SME’s Compete, wat meer oor die program vertel.