Smeltende sneeu kan riviere laat swel: NSRI

Die Nasionale Seereddingsinstituut waarsku dat onlangse swaar sneeuneerslae kan lei tot oorvol riviere. Met die naderende somer en skoolvakansies wat begin het, raai die NSRI Suid-Afrikaners en toeriste aan om ingelig te bly oor die jongste weervooruitsigte en om waterveiligheid toe te pas. Woordvoerder van die instituut, Craig Lambinon, versoek die publiek om bedag te wees op gevaarlike toestande langs waters aan die kus en in die binneland.