Smeerveldtog teen IPC se Itula word ondersoek
Namibia Fact Check is bewus van verskeie smeer-aanvalle teen die leier van die Independent Patriots for Change, dr. Panduleni Itula. Dit sluit in ‘n video waarin sogenaamde IPC-lede PDM-plakkate verwyder het asook verskeie vals briewe wat Itula met die Britse regering verbind. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Frederico Links, die redakteur van Namibia Fact Check, wat sê hulle stel ondersoek in en probeer om die oorsprong van die smeerveldtog vas te stel.