Smashing Pumpkins ontvang meer as 10 000 aansoeke vir ‘n nuwe kitaarspeler

Het jy gehoop om aan te sluit by die Smashing Pumpkins as hul nuwe kitaarspeler? Jy is nie alleen nie. Blykbaar het meer as 10 000 mense aansoek gedoen vir die posisie, wat die rock-groep vroeër vandeesmaand geadverteer het. Smashing Pumpkins het in ‘n plasing op sosiale media bevestig dat hulle duisende aansoeke vir die pos ontvang het. “Tans is daar agt mense wat voltyds werk om elke aansoek te verwerk,” het die groep gesê. Die groep het net ‘n paar maande oor om ‘n nuwe kitaarspeler te vind. Smashing Pumpkins skop hulle Europese toer af saam met Weezer op 7 Junie in Birmingham, Engeland. Op 29 Julie keer hulle terug na Noord-Amerika vir die Saviours-stadion-toer saam met Green Day, Rancid en die Linda Lindas.

The Smashing Pumpkins (van links na regs): Nicole Fiorentino, Billy Corgan, Mike Byrne and Jeff Schroeder.

Foto verskaf: Paul Elledge/Courtesy of Smashing Pumpkins