Sluipmoord-poging op Donald Trump by saamtrek
‘n Sluipmoord-poging op die 78-jarige oudpresident Donald Trump het hom in sy regter oor beseer. Een persoon wat die saamtrek in Pennsilvanië bygewoon het is dood en ‘n ander ernstig beseer. Die skieter, wat buite die perseel vanaf ‘n dak geskiet het, is deur die geheime diens doodgeskiet. Daar is nog geen inligting oor hom of sy motief bekend nie. Die skietery is deur beide Demokrate en Republikeine veroordeel en reaksie is ook van wêreldleiers ontvang wat meen dit is onaanvaarbaar. Die Republikeinse kongres begin môre in Milwaukee, Wisconsin.