Slowenië se verwoestende vloed grootste natuurramp in sy geskiedenis
Die eerste minister van Slowenië, Robert Golob, sê die land worstel met die grootste natuurramp in sy geskiedenis. Stormreën het verwoestende vloede veroorsaak, wat na raming skade van tien miljard Namibiese dollar aan infrastruktuur, insluitend energie-geriewe, paaie, brûe en huise, tot gevolg gehad het. Ongeveer twee-derdes van Slowenië se grondgebied is deur die vloede geraak. Kenners wys daarop die uiterste weerstoestande word deels aangevuur deur klimaatsverandering. Golob sê duisende mense is gedwing om hul huise te ontruim.