Slowakye beskerm ook plaaslike boere se belange
Slowakye het die derde Europese land geword wat die invoer van sommige Oekraïnse landbouprodukte onderbreek. Slowakye sê die tydelike verbod sluit nie graan in nie. Pole en Hongarye het vroeër ʼn verbod op die invoer van Oekraïnse graan aangekondig om hulle eie boere se belange te beskerm. Die Hongaarse minister van landbou, Sandor Farkas, het gesê dat indien die Europese Unie nie afdoende stappe doen om Hongaarse boere te beskerm nie, mag Budapest die verbod op graan-invoere verleng. Die Europese Kommissie verwerp die verbod en sal na verwagting die kwessie later hierdie week bespreek.