Slotbetoë in Trump se swyggeldsaak
Slotbetoë begin vandag in voormalige Amerikaanse president Donald Trump se swyggeldverhoor in New York. Hy word aangekla van beweerde vervalste sakerekords om ‘n betaling te verdoesel aan die pornografie-ster Stormy Daniels om stil te bly oor hulle beweerde seksuele onderonsie. Die betaling van amper 2,4 miljoen Namibiese dollar is gemaak tydens Trump se verkiesingsveldtog in 2016. Daniels, wie se regte naam Stephanie Clifford is, het tydens die verhoor getuig hulle het in 2006 ontmoet in Trump se hotelkamer in Lake Tahoe. Hy ontken dit.