Slim vang sy baas

Vier mense, wat glo as bere aangetrek en hul eie luukse voertuie beskadig het om ʼn eis teen die versekering in te dien, is aangekeer. ʼn Versekeringsmaatskappy het onraad vermoed toe ʼn eis ingedien is vir geskeurde sitplekke en beskadigde deure aan ʼn luukse Rolls-Royce Ghost, ʼn eksklusiewe voertuig ter waarde van honderde duisende dollar. Die vier het gesê ʼn beer het by die voertuig ingebreek terwyl dit geparkeer was by die San Bernardino-woud.

Die maatskappy was egter agterdogtig en met noukeurige ondersoek van die video het ʼn ondersoek bepaal dat die beer eintlik ʼn mens in ʼn beerkostuum was.

Swart bere, inheems aan Kalifornië, breek soms by voertuie in op soek na iets te ete en hulle kan enorme skade aanrig.