Sleutelpaaie in Tsumeb gaan rehabiliteer word

Die Tsumeb Munisipaliteit, die Padfondsadministrasie en die Paaie-owerheid het ‘n drie-jaar memorandum van ooreenkoms onderteken om sleutelpaaie by die dorp wat vervalle geraak het in stand te hou en te rehabiliteer. Die hoof uitvoerende beampte van die Padfondsadministrasie, Ali Ipinge, sê hulle sal hulle verbind om 19,9 miljoen Namibiese dollar in 2024/25 en 20 miljoen dollar in die volgende jaar te gee om die munisipaliteit hiermee te help. Die paaie wat geraak word is Hage Geingob-rylaan, Namutonistraat en Dr Sam Nujoma-rylaan.