Slenter rondom GIPF-lede

Die Regeringsinstellings Pensioenfonds sê daar is ‘n slenter wat sy lede teiken. Volgens die algemene bestuurder vir bemarking Edwin Tjiramba word lede van die fonds gekontak deur persone wat hul voordoen as fondswerknemers. Persoonlike inligting, sowel as rekeningnommers en meer word aangevra en so kry die bedrieërs toegang tot lede se bankrekenings. Tjiramba sê die fonds sal nooit telefonies sulke inligting aanvra nie en lede wat geteiken is moet dit by die fonds aanmeld.