Slegte nuus oor komende reënseisoen

In Suider-Afrika is La Niña geneig om geassosieer te word met bogemiddelde reënval en voorspellings was dat die streek wel die stelsel die komende somer sou sien ontwikkel. Maar, die nuus kan nie slegter wees nie. Die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg het ‘n opdatering oor die Namibiese toestande gegee en gesê dat La Niña in die komende maande neutraal sal bly en nie sterk sal ontwikkel nie.