Slegs tweede speler ooit uit weens obstruksie

Krieket: Mushfiqur Rahim van Bangladesj is slegs die tweede toetskolwer ooit wat weens obstruksie uitgegee is. Dit was op die eerste dag van die tweede toets teen Nieu-Seeland in Dhaka. Rahim het die bal met sy handskoen van sy paaltjies weggestoot na ’n aflewering van Kyle Jamieson. Die Black Caps het onmiddellik geappelleer en televisieskeidsregter, Ahsan Raza, het hom uitgegee. Die Engelse kolwer, Leonard Hutton, was die eerste speler wat uitgegee is omdat hy obstruksie gepleeg het teen Suid-Afrika in Londen in 1951.