Slegs ‘sowat 40% van bestuurders hou by verkeersreëls’

Slegs sowat 40 persent van bestuurders hou by die land se padveiligheidsregulasies, volgens bekommerde wetstoepassers. Vanaf Januarie tot nou is meer as 1 100 spoedboetes uitgereik, terwyl 135 bestuurders beboet is omdat hulle selfone gebruik het terwyl hulle bestuur het. Nog 140 bestuurders is aangekla vir oorlading, terwyl 410 boetes uitgereik is omdat bestuurders nie padverkeerstekens gehoorsaam het nie. Superintendent Charl Morkel van die Windhoek Stadspolisie sê bestuurders ignoreer dikwels padverkeerstekens soos stoptekens, wat padongelukke tot gevolg het, met die meeste daarvan tydens spitsverkeer-ure.