Slegs 5 000 openbare-orde-polisiebeamptes in SA

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie is ingelig dat daar landwyd slegs 5 000 openbare-orde-polisiebeamptes is teenoor die vereiste 12 000. Die nasionale polisiekommissaris, Kehla Sitole, het in Umhlanga, KwaZulu-Natal, in sy getuienis oor die Julie-onluste in die provinsie gesê die polisie het nie voldoende vermoë en hulpbronne nie omdat openbare-orde-eenhede sedert 1995 afgeskaal is. Sithole sê die tegnologiese komponent deur sosiale media het ‘n groot rol in die oproer gespeel.