Slegs 10% van Europeërs meen Oekraïne kan Rusland nog verslaan

Byna twee jaar ná die volskaalse Russiese inval in Oekraïne, meen slegs tien persent van Europese burgers dat Oekraïne Rusland nog kan verslaan. Dit is volgens ‘n opname in opdrag van die Europese Raad vir Buitelandse Betrekkinge. Die opname het bevind, slegs een uit tien, uit die 12 lande wat ondervra is, meen Oekraïne sal op die slagveld wen, terwyl 20-persent ‘n Russiese oorwinning voorsien. Die peiling toon 37-persent van die respondente glo die oorlog gaan in ‘n onderhandelde skikking eindig.