Sleep jou vergrootglas nader vir die jongste Rubik-kubus

Die Japanse speelgoedmaker MegaHouse het ‘n miniatuur Rubik-kubus onthul, wat so klein is, ‘n haartangetjie sal dalk nodig wees om dit op te los. Elke kant van die aluminiumkubus is omtrent vyf millimeter wyd. Dit is verlede week vir voorbestellings op die vervaardiger se webblad beskikbaar gemaak, met aflewerings wat volgende April verwag word. Dit weeg net 0,3 gram en is omtrent een-duisendste van die grootte van die oorspronklike een. Guinness-wêreldrekords het die mikro-kubus bevestig as die wêreld se kleinste roterende sukkelspelkubus.