Slawehandel vandag onthou…

Die Verenigde Nasies herdenk vandag Internasionale Dag van Herinnering aan die Slagoffers van Slawerny en die Transatlantiese Slawehandel. Die dag herdenk diegene wat gely het en dood is as gevolg van die transatlantiese slawehandel wat beskou word as die ergste skending van menseregte in die geskiedenis. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê dis tyd om hulde te bring aan miljoene Afrikane wat uit hulle tuislande weggeneem is, en op te staan teen rassisme: