Slagoffers van Limpopo busongeluk se oorskot gaan na Botswana
Botswana se minister van buitelandse sake, Lemogang Kwape, sê sy regering werk saam met Suid-Afrikaanse owerhede om die oorskot van die slagoffers van die Limpopo-busongeluk te repatrieer. Vyf-en-veertig mense van Botswana is dood nadat die bus Donderdag op die R518 naby Mokopane van ‘n brug afgestort en in vlamme uitgebars het. Hulle was op pad na Moria vir die Paasbyeenkoms. Die enigste oorlewende, ‘n agtjarige meisie, sterk aan in ‘n hospitaal.