Slag- en veilingpryse daal steeds

Die nuutste vleispryse is uit deur die NLU en die minimale prys vir tollies beloop tot 12 Namibiese dollar vir ‘n kilogram. Die slagpryse en die veilingpryse het ook gedaal, waar die veilingpryse minder is. Volgens Desmond Cloete, die hoof van bemarking by die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad, gaan vleispryse nog daal ten spyte van die reën. Cloete het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Die weeklikse vleispryse is elke week beskikbaar op die sosiale media van die Lewendehawe-en Lewendehaweprodukte-raad.