Skuldvlakke, werkloosheid in SA wek kommer

Die buurland se vakbondfederasie, Saftu, is bekommerd oor die land se nie-volhoubare skuldvlakke, veral in die lig van verlede jaar se sluiting van 1 600 maatskappye, soos berig deur Statistieke Suid-Afrika. Sektore soos finansiering, versekering, die eiendomsmark en sakedienste is veral geraak. Die hoofsekretaris van die organisasie, Zwelinzima Vavi, glo daar is ʼn verband met die hoё werkloosheidsyfer en benadruk die noodsaaklikheid om die ekonomiese uitdagings aan te pak om verdere werksverliese te verhoed.