Skuldperk: Biden gesels met McCarthy vanuit Japan

President Joe Biden het vandag persoonlik ingegryp om die dooiepunt oor die Amerikaanse skuldperk aan te spreek met ‘n oproep aan die Republikeinse leier Kevin McCarthy. Biden, sluit vandag sy besoek aan Japan vir die G7-beraad af. Die Withuis sê onderhandelinge moet voortduur voor die sperdatum van 1 Junie wanneer wanbetaling sal plaasvind en ‘n beraamde 8 miljoen Amerikaners hulle werk sal verloor. Biden was bedoel om van Japan na Papua-Nieu-Guinee en Australië te reis, maar het dit gekanselleer weens die krisis by die huis. Sou ‘n ooreenkoms bereik word, het hulle nog ‘n week nodig om dit deur die Huis te voer, voor 1 Junie.