Skuldigbevindings vir Malcom X moordenaars ter syde gestel

Die twee mans wat in 1966 skuldig bevind is aan die sluipmoord van van die menseregte aktivis Malcom X, se skuldigbevinding is ter syde gestel. Die distriksaanklaer se kantoor in Manhattan het die afgelope twee jaar ondersoek ingestel na ‘n dokumentêr wat op Netflix uitgesaai is, twyfel oor die feite blootgelê het. Muhammad Aziz en Khalil Islam, is volgens berigte tronk toe gestuur op swak getuienis en ‘n nog swakker ondersoek deur owerhede. Polisie het ook blykbaar inligting weer hou. Islam is reeds in 2009 oorlede na hy in 1987 op parool vrygelaat is. Aziz, 83, is in 1985 op parool vrygelaat.