Skuiwergate, ongerymdhede in Uis met litiumontginning

Litiummyne in en om Uis bly in die nuus. Die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne sê die bevindinge van sy ondersoek na onwettige litiumontginning dui daarop dat daar ‘n paar skuiwergate in die wet is wat aangespreek moet word. Tjekero Tweya, voorsitter, sê die komitee het in Mei na Uis en omliggende gebiede gegaan om onwettige mynboubewerings te ondersoek en ernstige afwykings gevind. Hy sê die tradisionele leiers kon nie die verskil tussen mynbou en eksplorasie onderskei nie, terwyl die kiesafdelingsraadslid nie geweet het hoeveel bedrywighede aan die gang is nie. Die parlementslede het na Uis gereis na aanleiding van ‘n mosie wat deur die LPM in die parlement ter tafel gelê is.