Skuif van rooilyn moet wel-deurdag plaasvind: LPM
Daar is planne om ‘n deel van die veeartseny-kordonheining in die Noorde, bekend as die Rooilyn, verder noord te verskuif. Die heining is van kritiese belang om die kommersiële deel van Namibië se veeproduksie vry van bek-en-klouseer te hou. Landbouminister Calle Schlettwein sê die heining sal nie presies na die grens tussen Namibië en Angola geskuif word nie, maar gebiede insluit wat reeds vir ‘n aantal jare siektevry is. Hy het gepraat tydens die amptelike opening van die Aminuis-landbouskou. Reaksie is ontvang van Lifalaza Simataa, woordvoerder van die Landless Peoples Movement, wat sê hy hoop dit is ‘n deurdagte besluit.