Skuddings teister Groot Aub

Groot Aub net Suid van Windhoek is Donderdagaand tot in die vroeë oggendure van vanoggend geteister deur verskeie skuddings. Rondom nege-uur gisteraand het ‘n skudding wat drie op die Richterskaal gemeet het voorgekom. Inwoners het geskrik en daar is berigte van erge skuddings wat ervaar is. Daar was verskeie naskokke met die laaste een net voor twee-uur vanoggend aangemeld. Dit is nie duidelik of daar enige skade aangerig is nie.