Skrywer Tania Smit in gesprek by Windhoek Woordfees
Die bekende skrywer van ‘Hekelwoorde van my Hart’, Tania Smit gaan Saterdagoggend buite die hoofstad met boekliefhebbers gesels oor die emosies en gebeure oor haar skryfwerk. Hierdie intieme dames-funksie word deur die Windhoek Woordfees aangebied. Lag is gewaarborg, kom huil en krap bietjie dieper in jou hart oor waar jy is in jou lewe en waarheen jy op pad is. Ronelle Rademeyer, een van die organiseerders van die Woordfees het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.