Skryf nou in vir Afrika Natuurlewekunstenaar van die Jaar 2025!

Die Fine Art Gallery in Swakopmund nooi kunstenaars van regoor die wêreld om voorleggings vir die Afrika Natuurlewekunstenaar van die Jaar 2025-kompetisie in te dien. Die sperdatum vir voorleggings is 28 Februarie 2025 en die toegangsfooi is 200 Namibiese dollar per kunswerk. Die kompetisie se tema is “Wild in hul natuurlike omgewing”. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die galery se eienaar, Martina von Wenzel, wat die belangrikheid van die kompetisie uitlig. Die fondse wat ingesamel word gaan na die Pangolin Conservation and Research Foundation.