Skottelgoedsponsie kan moontlik wêreld red…

Wetenskaplikes aan die Universiteit van Cambridge in Engeland het bevind die skottelgoedsponsie kan aardverwarmende koolstofdioksied uit die atmosfeer opsuig. Hulle het dit met geaktiveerde koolstof soos ‘n battery gelaai en bevind dit kan koolstofdioksied direk uit die lug absorbeer. Hulle het die koolstofdioksied en koolstof geskei deur die spons tot tussen 90 en 100 grade Celsius te verhit en só die bindings tussen die koolstofdioksied en hidroksied-ione afgebreek. Hulle sê hul tegniek vereis baie minder energie en kan deur slegs hernubare energie aangedryf word.

Foto: Verskaf