Skotte verbied transgender vroue in kontakrugby

Die Skotse Rugbyunie het transgender vroue verbied om aan kontakrugby in die vroue-afdeling van die sport deel te neem. Transgender vroue kon voorheen aan die vrouespel in Skotland deelneem afhangend van die uitslag van ‘n deeglike mediese proses wat testosteroon-toetse voor registrasie om te speel, ingesluit het. Transgender mans mag voortgaan om kontakrugby in die mansafdeling te speel met die voorwaarde dat hul klub vooraf ‘n risikobepaling onderneem het. Die Skotse rugbyunie sê hy verstaan ten volle dat dit ‘n moeilike en verdelende maatskaplike situasie is.