Skotse kroonjuwele aan koning Charles oorhandig

Skotland se kroonjuwele sal vandag in Edinburgh aan koning Charles van Brittanje oorhandig word tydens ‘n seremonie om sy kroning te eerbiedig. ‘n Nuwe swaard wat na wyle koningin Elizabeth vernoem is, sal deel wees van die nasionale dankseggingsdiens. Die Goue Kroon van Skotland, wat die eerste keer in 1540 gedra is, is verlede jaar op die koningin se kis geplaas. Skotland se Stone of Destiny, wat Londen toe geneem is vir Charles se kroning, is intussen teruggeneem na Edinburgh en sal ook deel van vandag se diens wees. Die klip is ‘n langwerpige blok van rooi sandsteen wat oorspronklik gebruik is tydens die kroning van monarge van Skotland.