Skotland sonder skittervleuel Graham teen die Bokke
Rugby: Skotland speel Sondag in Edinburgh teen die Springbokke sonder die vleuel Darcy Graham, wat verlede naweek vier drieë gedruk het in die oorwinning van 57-17 oor Fidji. Hy het ʼn kopbesering opgedoen toe hy sy vierde drie druk en afrigter Gregor Townsend het bevestig hy is nie beskikbaar nie. Kyle Rowe, wat beïndruk het vir Glasgow Warriors tydens hulle onlangse oorwinning oor die Stormers in die Verenigde Rugbykampioenskap, het herstel van ʼn besering wat hy teen Fidji opgedoen het en kan Graham moontlik vervang teen Suid-Afrika.