Skotland moet verbeter vir Bokke: afrigter
Rugby: Skotland se hoofafrigter, Gregor Townsend, waarsku sy spelers hulle moet in elke opsig verbeter wanneer hulle Sondag teen die Springbokke te staan kom op Murrayfield in Edinburgh. Dit volg na Skotland se wegholoorwinning van 57-17 oor Fidji. Townsend het die ervare spelers Finn Russell, Blair Kinghorn en Ben White terug verwelkom. Volgens hom is die viermalige wêreldkampioen die beste span in die wêreld en speel tans ʼn ander soort rugby as tydens hulle vorige ontmoeting in die groepfase van verlede jaar se Wêreldbekertoernooi.