Skors Mashatile se BBP-polisie: Action Society

Action Society eis die onmiddellike skorsing van agt polisiebeamptes van die BBP-Beskermingseenheid van adjunkpresident Paul Mashatile, na vertragings en proseduriële kwessies in hulle saak van wangedrag. Hulle is verfilm toe hulle verlede jaar ‘n motoris op die N1 naby Winnie Mandela-rylaan aangerand het. Die organisasie kritiseer hulle voortgesette indiensneming as ‘n verkwisting van belastingbetalersgeld. ‘n Woordvoerder van Action Society, Juanita du Preez, versoek die Onafhanklike Ondersoekdirektoraat van die Polisie om die publiek se vertroue in die strafregstelsel te herstel.