Skorpion Zinc kry nuwe eienaar

Die Britse Vedanta Resources het planne aangekondig om Skorpion Zinc  te verkoop as deel van ‘n groter plan om van sy sinkbedrywighede ontslae te raak.   Die voorgestelde transaksie, ter waarde van 51,5 miljard Namibiese dollar, sal daartoe lei dat Vedanta se 100 persent belang in HL Zinc Namibia en sy 69,6 persent belang in Black Mountain Mining aan Hindustan Zinc Limited verkoop word. Hierdie voorgestelde transaksie sal Hindustan Zinc in staat stel om twee groot sinkbedrywighede, Skorpion Zinc in Namibië en Black Mountain Mining in Suid-Afrika, te verkry en sy internasionale voetspoor uit te brei. Die maatskappy besit ongeveer 65 persent van Hindustan Zinc, met die Indiese regering wat die oorblywende 30 persent besit en die transaksie laat toe dat Hindustan Zinc sy oorsese teenwoordigheid kan vergroot.