Skoor bekommerd oor Eskom-bestuurskrisis

Die Suid-Afrikaanse parlement se staande komitee oor openbare rekeninge het kommer uitgespreek oor ‘n bestuurskrisis by Eskom. Die voorsitter, Mkhuleko Hlengwa, beklemtoon die belangrikheid daarvan om aandag te gee aan kwessies by individuele kragstasies om die nutsdiens se bedrywighede te herstel. Skoor het ‘n toesighoudende besoek aan Eskom gebring waar korrupsie en onderpresterende kragstasies verdere vrae laat ontstaan het. Hlengwa sê die Spesiale Ondersoekeenheid kan nie alleen die korrupsie binne Eskom bekamp nie, en beklemtoon die behoefte aan samewerking tussen wetstoepassingsagentskappe.