Skoon oudit vir Kaapstad verwelkom

Die Stad Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die stad se skoon oudit vir 2022/2023 van die Ouditeur-generaal verwelkom. Die stad se konsep- jaarverslag en finansiële state sal vandag op die stadsraad se agenda wees. Hill-Lewis sê die basis van dienslewering is om staatsgeld te bestee op dít waarvoor dit bedoel is. Hy sê die grondslag van die stad se pogings is om uiteindelik meer mense uit armoede te lig en werk te gee: