Skoon kookkuns… onthou, hierdie mense is arm
Landbouminister Calle Schlettwein sê dis alles goed en wel om die klimaatimpak van tradisionele kookmetodes aan te spreek maar, die mense wat blykbaar besoedel is arm. Hy het in Parys gepraat by die beraad oor skoon kookkuns in Afrika. Byna vier uit elke vyf Afrikane kook steeds hul maaltye oor oop vure en tradisionele stowe…
Hy het ook melding gemaak van die feit dat koolstofkrediete beskikbaar is vir die wat besoedel en dat die wat nie besoedel nie, geensins voordeel daaruit kan trek nie.