Skoolvoedingsprogram staar uitdagings in die gesig

Die Skoolvoedingsprogram het ‘n prioriteit vir die regering geword vanweë die veelvuldige voordele wat dit vir kinders inhou. Die program is uiters belangrik omdat ongeveer die helfte van die meer as 800 000 skoolgaande kinders in die land daarop staatmaak om darem een vol maaltyd per dag te kry. Die program staar egter ook uitdagings in die gesig wat die suksesvolle uitvoer daarvan belemmer. Kosmos 94.1 Nuus het met Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwys-ministerie gepraat, wat sê hulle ervaar soms probleme met aflewerings en voedsel-kwaliteit.