Skoolskieter het op Facebook gesê hy gaan skool aanval

Texas se goewerneur, Greg Abbott, sê die man wat 19 kinders en twee onderwysers by Robb Elementary School doodgeskiet het, het minute voor die aanval op Facebook gesê hy gaan ‘n skool aanval. Meta, Facebook se moedermaatskappy, het verduidelik dat die boodskappe nie in die openbaar op die platform geplaas is nie. Sewentien mense is in die aanval beseer. Abbot sê die skieter wat as die 18-jarige Salvador Ramos geïdentifiseer is, het voor die aanval op die skool ook sy ouma geskiet.