Skoolopsigter se skuldigbevinding oor seksuele aanranding verwelkom

Section27 in die buurland verwelkom die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se besluit om ‘n skoolopsigter van Noordwes wat aan seksuele aanranding skuldig bevind is, op die Kinderbeskermingsregister te plaas. Die sibbe, wat albei minderjarige leerders was, is sedert 2015 in verskillende voorvalle seksueel deur die skoolopsigter aangerand. Section27 se woordvoerder, Pearl Nicodemus, sê die skoolhoof en die skool se beheerliggaam het nie teen die opsigter opgetree nie en voeg by hierdie saak moet ‘n bloudruk wees om aanspreeklikheid vir seksuele geweld by skole te verseker: