Skoolmeisie ‘stort nie baba, los dit net vir eksamen’

‘n Tienerma wat na bewering haar pasgebore baba Dinsdag in ‘n kartondoos buite ‘n toegemaakte dagsorgsentrum in Ondangwa gelos het, sê sy het net ‘n veilige plek vir haar baba nodig gehad terwyl sy eksamen geskryf het. NamPol se misdaad-ondersoek koördineerder vir Oshana, adjunkkommissaris Frederick Ndjadila, sê die verdagte is ‘n 19-jarige leerder. Die bure van die plek waar die kind gelos is, het die polisie ontbied toe hulle ‘n skoolmeisie gesien ronddwaal het waar die kind gevind is. Ndjadila sê die ma het erken sy het die baba daar gelos in die hoop dat die dagsorg na die baba sal omsien. Sy het wel teruggekeer om die baba te kry. Die meisie is in die Onandjokwe Staatshospitaal opgeneem en haar ouers is by haar. Die baba is ook in die hospitaal, en die meisie is nie in hegtenis geneem nie.