Skoolhoof verskyn môre op bedrogklagte

‘n Skoolhoof sal môre in die hof op Rundu verskyn op klagte van edrog. Die 44-jarige vrou is Vrydag omdat sy na bewering ‘n vals saak van huisbraak oopgemaak het met die doel om amper 432 000 Namibiese dollar in versekering te eis. Bonifatius Kanyetu, adjunkkommissaris van misdaadondersoeke in die streek, sê die voorval het na bewering op 21 Oktober plaasgevind. Volgens Kanyetu het die ondersoek aan die lig gebring dat die huis wat sy sê by ingebreek is nie haar eiendom is nie.