Skole in Kavango Oos skiet kort, baie kort

Parlementslid Mathias Mbundu van die Republikeinse Party het ‘n mosie in die Nasionale Vergadering gestel om gespesialiseerde skole in Kavango-Oos en -Wes te bespreek. Mbundu sê die vestiging van hierdie skole is ‘n saak van dringendheid aangesien kinders wat gespesialiseerde hulp nodig het al lank nie skool toe kan gaan nie. Hy het versoek dat die mosie na die parlementêre staande komitee geneem word vir verdere ondersoek. Die mosie is ondersteun deur parlementslid Lucia Tjiveze, ook van die Republikeinse Party.