Skole hoef nie vandag gedenkdienste te hou nie: Steenkamp

Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van onderwys, het ‘n amptelike riglyn uitgereik vir alle skole en instansies binne die ministerie om vandag ‘n gedenkdiens ter ere van president Hage Geingob te hou. Die dienste moet optredes deur leerders insluit. Die leerders wat nie optree nie, moet aangemoedig word om hul kreatiwiteit uit te druk deur kunswerke en gedigte. Die kunswerke deur die leerders sal regdeur die routydperk tot Vrydag by skole uitgestal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Steenkamp gesels, wat sê skole kan enige dag van die week hulle gedenkdienste hou.