Skokkende geslagsgeweld syfers in S.A op noodlyn
‘n Verslag deur die Tears-stigting in samewerking met die Universiteit van Johannesburg, toon dat sy hulplyn in vier jaar 53-duisend oproepe ontvang het. Die hulplyn, wat ‘n dekade gelede gestig is om slagoffers van geslagsgeweld by te staan, het die afgelope vier jaar byna 14-duisend oproepe per jaar ontvang. Die verslag gee volledige insigte oor gevalle van geslagsgeweld en lig die volume oproepe in Limpopo en Noordwes uit.