Skokgolwe deur Engeland na kinders in dansklas doodgesteek is

Die gru-aanval op kinders tydens ‘n danklans in Southport in Engeland is steeds in die nuus. ‘n Jong man, 17 jaar oud, is gearresteer na hy die perseel bestorm het en die kinders met ‘n mes begin steek het. Twee is dood verklaar op die toneel met nege wat ernstig beseer is. Die Britse minister van binnelandse sake Yvette Cooper, het die toneel besoek.