Skok oor LP’s se laksheid
Daar was vir die tweede dag in ‘n ry nie genoeg LP’s om ‘n kworum in die Nasionale Vergadering te vorm nie, wat beteken die lewering van die belangrike middeltermyn begroting kon weer nie plaasvind nie. As al die Swapo LP’s daar was, sou daar ‘n kworum gewees het, maar hulle was nie die enigste wat afwesig was nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Swapo veteraan, Nahas Angula, wat sê dit is ongehoord en kommerwekkend.