Skok na onderwyser in Oos-Kaap leerder aan die brand steek

Die LUR vir Onderwys in die Oos-Kaap, Fundile Gade, veroordeel die beweerde brand van ‘n 16-jarige leerder deur ‘n onderwyser in Komani na ‘n geskil oor gesteelde hoenders. Die leerder het ernstige brandwonde opgedoen en is in ‘n kritieke toestand. Berigte lui die onderwyser het die leerder opdrag gegee om as straf in ‘n vuur te spring te midde van die geskil. Die onderwyser is in hegtenis geneem en sal in die hof verskyn. Volgens die LUR sal die saak volgens die gedragskode vir opvoeders ondersoek word en ‘n span is gestuur om ondersteuning aan die gesin te bied.